Veeplaas

Veeplaas is ‘n veekundige vaktydskrif wat na landbou kyk deur die oë van die veeboer. Die tydskrif fokus op dit wat die veeboer se sak raak en bly weg van politiek. Of jy nou ‘n beesboer, skaapboer, bokboer, wolboer, melkboer of wildboer is – ons is die tydskrif vir jou!

Lees Veeplaas in Februarie

Lees Veeplaas in Februarie

Watter kommunikasiestelsel werk die beste vir die plaas? In die Februarie-uitgawe bespreek ons ’n paar van die faktore wat die produsent se kop swaai wanneer die kom by kommunikasiemiddels op die plaas: Maklike gebruik, spoed en natuurlik koste. In hierdie uitgawe het ’n paar slim manne somme gemaak en ons kyk in meer besonderhede na die kostedoeltreffendheid van verskillende kommunikasiestelsels wat tans op plase aangewend word.

Sien ook uit na artikels oor:

  • ‘n Besoek aan ‘n Damara-boerdery in Namibië
  • ‘n Besoek aan die Normandy Dohne-merino
  • Melkaantekeninge wat die somme laat klop
  • Die bemarking van wildsvleis
  • Die beginsels van hooimaak
  • Hooimaaktoerusting
  • Mikotoksiene in voer en kuilvoer
  • Laparoskopiese inseminasie
  • Bosluisbeheerstrategieë
  • Hoe vlieë en brommers jou boerdery kan knou
  • Siekterapportering
  • Seleksiemetodes
  • Buffelteling
  • Belasting en belastingopgawes
  • Presisieboerdery vir topboere
  • Tydelike okkupasie van woonhuise op plase
  • Voorbereiding vir die einde van die finansiële jaar
  • Grondhervorming: Doen dit só

Teken in op ons digitale weergawe

Teken in op ons gedrukte weergawe

Kontak Beauty Mthombeni op 064 890 6941 of  beauty@plaasmedia.co.za. Of SMS jou naam en “Inteken” na 064 890 6941.