Viskoekies is ’n maklike en vinnige manier om ’n vullende middag- of aandete voor te berei. Dié salm-viskoekies is ’n deftiger weergawe. Bedien saam met doopsouse van jou keuse en ’n slaai. Ons het dit saam met koolslaai bedien. Kliek hier vir die unieke koolslaai-resep.

Bestanddele

1 blik salm of vars salm (400g)

2 sprietuie, fyngekap

2 eiers

’n Bietjie dille, fyngekap

’n Bietjie pietersielie, fyngekap

125ml koekmeel

Sout en peper na smaak

Metode

  1. Druk die salm fyn en voeg sprietuie, dille, pietersielie en sout en peper by.
  2. Klits die eiers en voeg by.
  3. Voeg meel by tot dit ’n stywe beslag vorm.
  4. Verhit olie in ’n diep braaipan en braai viskoekies tot goudbruin aan beide kante.
  5. Bedien saam met doopsouse en slaai. – Elmarie Helberg, Plaaskos

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY